Hoofstuk Een
Ons
Storie ✨
Ons storie het begin lank voor die verlowing, die troubeplanning en al die groot oomblikke — dit het begin in Graad 8, waar ons eers beste vriende geword het.
Van die begin af was daar iets spesiaal tussen ons. Jenny het gedink Luke is bietjie van 'n womanizer, en Luke het vinnig besluit Jenny is een van die mooiste meisies in die graad.
Die eerste move het gekom terwyl ons gewag het vir Groentjiekonsert-oudisies — Luke in sy rugbyklere en Jenny in haar hokkieklere. 'n Geselsie het gelei tot grappies, grappies het gelei tot chemistry, en die res het maar vanself gebeur.
Ons eerste "date" was nie eintlik 'n date nie. Tydens 'n kuier by Jenny se huis het almal wegkruipertjie gespeel, en natuurlik het ons saam gaan wegkruip.
Wat ons verhouding besonders maak, is dat dit nog altyd op vriendskap gebou was. Ons verhouding bestaan uit baie lag, baie liefde, gym sessies, nuwe restaurante, spontane planne en drie Boston Terriers wat die huis regeer.
Na vyf en 'n half jaar saam het Luke vir Jenny onder die sterre gevra om te trou, omring deur kerse en 'n aand wat perfek gevoel het vir twee mense wie se storie nog altyd in die sterre geskryf was.
Tot ons Ja sê
Aftel na 17 Desember 2026
Vandag is die dag — welkom by ons fees! 🤍
17 Desember 2026 · Shepstone Gardens